Sjoe!
Allewêreld!, ek raak mos nou regtig blitsvinnig oud maar beslis nie koud nie.
As ‘n eensame aspoesterjie hoe vertel jy werklik van jouself? Ek dink nie mense
sal verstaan watter gedagtes nou figuurlik deur my gryskop woel nie. Hoeveel
moet ek deel sonder om in “over share drive” in te gaan?
Maklik sê
ek, as ‘n oumenskind... vertel net meer van jouself.
Ek is nou
glad nie ‘n rekenmeester nie, maar as ‘n nuwe intekenaar hier op die blogs,
voel ek die regte ding sal wees om myself voor op die wa, voor te stel. Nou dit
my liewe mensies kan ek beslis doen, want as ‘n oumenskind hou ek nie
daarvan om ‘n lap op ‘n gesonde arm te sit nie.
My naam is Donney Adonis‘n gebore
Kaapenaar, soms beter bekend as ‘n eensame oumenskind, maar dit traak my nie
agtig nie. Al is ek maar net ‘n neëntien jarige tiener voel dit vir my of ek
oud gebore is want ek hou my nie op met kleinsierige jongmense nie.
Ek is wel
‘n oumenskind, maar ek is inderdaad ook ‘n baie vriendelike mens, maar moet my
net nie verkeerd opvryf nie. Ek is ook baie loyaal maar moet net nie met my
mors nie. Ek is ek en jy moet my vat soos ek is.
Ek is
hierdie jaar ‘n eerste jaarse voltydse student by die Kaapse Skiereiland
Universiteit vir Tegnologie, waar ek besig is om die grondslagfase onderwys te
studeer, dus kan ek nie my kosbare tyd mors met snotneuskinders met allerander
moodswings nie. As 'n huiskind is ook baie gebalanseerd en ek plaas altyd my studies eerste
op die spel.
Omdat ek
verskriklik baie teruggetrokke is maak ek nie maklik vriende nie, al brandt my
hart na ‘n ware vriendjie, maar dit sal nooit gebeur nie want ek weet nooit wat
om vir mense te sê nie.
Ek is ook
baie familievas, en veral ouma se rooi appeltjie, sy is werklik my beste
vriend, moeder figuur maar bowenal is sy my hard se punt. Was dit nie vir my
ouma nie sou ek lankal tou opgegooi het, dus werklik ‘n eer en ‘n plesier om by
haar groot te word.
"Ek lewe vir vandag met my familie, want elke
sekonde wat verby gaan is verby. Wat jy doen maak jou, nie wat jy altyd wens om
te doen nie."
Ek het
besluit om te blog oor eensaamheid en hoe dit my karaktiseer, want soos wat ek
ouer word ondek ek meer en meer dinge van myself en net om jongmense te bewys
‘n mens het nie vriende nodig om ‘n mens te vorm nie.
En dit in
kort – is ek “No frills - no fuss”, net sommer ek.