Wednesday, 28 August 2013

"Eensame loopertjie"



Sjoe! Allewêreld!, ek raak mos nou regtig blitsvinnig oud maar beslis nie koud nie. As ‘n eensame aspoesterjie hoe vertel jy werklik van jouself? Ek dink nie mense sal verstaan watter gedagtes nou figuurlik deur my gryskop woel nie. Hoeveel moet ek deel sonder om in “over share drive” in te gaan?

Maklik sê ek, as ‘n oumenskind... vertel net meer van jouself.

Ek is nou glad nie ‘n rekenmeester nie, maar as ‘n nuwe intekenaar hier op die blogs, voel ek die regte ding sal wees om myself voor op die wa, voor te stel. Nou dit my liewe mensies kan ek beslis doen, want as ‘n oumenskind hou ek nie daarvan om ‘n lap op ‘n gesonde arm te sit nie.

My naam is Donney Adonis‘n gebore Kaapenaar, soms beter bekend as ‘n eensame oumenskind, maar dit traak my nie agtig nie. Al is ek maar net ‘n neëntien jarige tiener voel dit vir my of ek oud gebore is want ek hou my nie op met kleinsierige jongmense nie.

Ek is wel ‘n oumenskind, maar ek is inderdaad ook ‘n baie vriendelike mens, maar moet my net nie verkeerd opvryf nie. Ek is ook baie loyaal maar moet net nie met my mors nie. Ek is ek en jy moet my vat soos ek is.

Ek is hierdie jaar ‘n eerste jaarse voltydse student by die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie, waar ek besig is om die grondslagfase onderwys te studeer, dus kan ek nie my kosbare tyd mors met snotneuskinders met allerander moodswings nie. As 'n huiskind is ook baie gebalanseerd en ek plaas altyd my studies eerste op die spel.

Omdat ek verskriklik baie teruggetrokke is maak ek nie maklik vriende nie, al brandt my hart na ‘n ware vriendjie, maar dit sal nooit gebeur nie want ek weet nooit wat om vir mense te sê nie.

Ek is ook baie familievas, en veral ouma se rooi appeltjie, sy is werklik my beste vriend, moeder figuur maar bowenal is sy my hard se punt. Was dit nie vir my ouma nie sou ek lankal tou opgegooi het, dus werklik ‘n eer en ‘n plesier om by haar groot te word.

 "Ek lewe vir vandag met my familie, want elke sekonde wat verby gaan is verby. Wat jy doen maak jou, nie wat jy altyd wens om te doen nie."

Ek het besluit om te blog oor eensaamheid en hoe dit my karaktiseer, want soos wat ek ouer word ondek ek meer en meer dinge van myself en net om jongmense te bewys ‘n mens het nie vriende nodig om ‘n mens te vorm nie.

En dit in kort – is ek “No frills - no fuss”, net sommer ek.





















3 comments:

  1. Enkele opmerkings:

    Kyk asb. na jou woordkeuse vir die titel. Wat bedoel jy met behartige? Probeer om 'n ander woord te vind.

    1. rekenmeester - woordkeuse
    2. dit traak my nie agtig nie - nie regtig nie
    3.kleinsierige - kinderagtige ?
    4. loyaal - lojaal
    5. allerander - allerhande
    6. moodswings - buie
    7.brandt - brand
    8. rooi appeltjie - oogappel
    9. dus werklik - dis werklik
    10. karaktiseer - karakteriseer
    11.ondek - ontdek

    ReplyDelete
  2. Donney, dit lyk of jy weet wat jy in die lewe wil hê. Jy is 'n sterk meisie en ek kan sien dat jy 'n telleurstelling van vriende al ondervind het. Ek is gelukkig om 'n vriendin soos jy te hê.

    ReplyDelete
  3. Jy is bevoorreg om nog ‘n ouma te hệ wat vir jou soveel beteken. Ek wens elke tiener kon so ‘n positiewe rolmodel in hul lewe hệ.

    ReplyDelete