Ek staan nou in die skaduwee, waar ek nou
bewus word van iets uniek. Dit is iets wat al jare in my doodeenvoudige lewe
groei, iets wat ek glad nie wil ontsnap nie.
Mense kry my daagliks jammer, want hulle
beskou dit as iets vreeslik wat my dreig om my te verswelg, om van my van binneste
op te vreet.
Vir my is dit net ‘n saad van eensaamheid wat
binne in my geplant is. Al voel ek soms koud soos ys, is ek glad nie vreemd
nie, ek voel soms alleen maar nooit letterlik eensaam nie.
Deur my piepklein kamervenstertjie kyk ek na
sorgvrye paartjies ek skat hulle my ouderdom wat hand aan hand verby gestap
kom, gelukkig en kommerloos. Sies! ek skaam my morsdood.
Die lewe is verskriklik vining, ek wil glad
nie ‘n mislukking maak van my lewe nie, en my familie teleurstel nie. As ‘n
oumenskind is ek geneig om te dink aan al die dinge wat ek mis, om ‘n kêrel te
hê vir wie ek kan omgee, maar ek glo vas agter ons kom ook in die kraal.
In ‘n groep maak ek altyd saam grappe, maar ek
weier om my te assosieer met ougatte tieners.
“Die Here is my herder, wanneer ek eensaam
is.”
Ek stem heeltemal saam met jou, en dink dit is beter om 'n eensame siel te wees as een van daardie ougatte tieners.
ReplyDeleteWanneer alle ander dinge lyk om te misluk ..
ReplyDeletetoe dae is donker en vriende is min weet net dat
iemand sal altyd daar wees vir jou
Enkele opmerkings:
ReplyDelete1. wat my dreig om my te - wat dreig om my te
2. agter ons - agteros
3. ougatte - ?
Mevrou Klopper, ougatte is net my gemaklike bedoeling vir spulse, dit wys hoe ougat die kinders is deesdae.
DeleteDankie ;-) In daardie geval dink ek net die woord ougat (sonder die -te) sou meer korrek wees.
DeleteBly altyd getrou aan jouself. Ware vriende sal jou aanvaar vir wie jy is.
ReplyDelete