Wednesday, 25 September 2013

Skaam tiener het nie maats nie



Ek is ‘n teruggetrokke neentien jarige met ‘n reuse probleem. Ek word gou skaam en het nie selfvertroue nie. Ek is ook baie stil en weet nooit wat om vir mense te sê nie. Mense beskou my as ‘n ernstige persoon wat nooit lag nie. Ek het al baie boeke gelees oor selfvertroue en hoe om vriende te maak, maar dit help nie.

Behartige oumenskind gee raad


Deesdae is jongmense geneig om hulself te worstel met die vraag watter soort mens hulle eintlik is. Jy weet reeds jy is ernstig en teruggetrokke nets soos ek maar jy moet dit nie as ‘n probleem beskou nie. Dit is hoe jy is en jy moet jouself leer aanvaar. Daar is niks fout met iemand wat skaam is nie. As stil, ernstige mens is dit nie nodig om die middlepunt van elke geselsgroepie te wees nie. Jy moet leer om ‘n bietjie sosiaal te wees, en dit kom met oefening. Stel elke dag vir jou ‘n doelwit: vandag gaan ek uit my eie ‘n vraag in die klas beanwoord. Breek die ys en vra vir jou maats vrae. As jy in gesprekke met aandag luister wat ander mense sê en jy belangstellende vrae vra, sal jy vind ‘n gesprek ontwikkel maklik. Die meeste mense hou daarvan om oor hulself te praat en verwelkom ‘n simpatieke luisteraar. Werk daaraan en jy sal deur ander as ‘n goeie maat aanvaar word.

4 comments:

  1. Wyse woorde vir 'n 19-jarige!

    Enkele opmerkings:

    1. neentien jarige - neëntienjarige
    2. om hulself te worstel - om met hulself te worstel

    ReplyDelete
  2. Dankie vir die wyse woorde. Ek voel presies dieselfde as jy oor hierdie sake.

    ReplyDelete
  3. Ek stem saam met jou daar. Dit begin met self moetiveering.

    ReplyDelete