Tuesday, 1 October 2013

Doodmoeg geblog!



Toe ons die “blog” opdrag gekry het om ‘n “blog” te skep was ek letterlik vreesbevange en baie paniekerig, want ek het “sout en water” niks van “blogging” geken nie, omdat my rekenaar geletterdheid glad nie so sterk was nie. Toe ek my blog wel geskep het was dit beslis uitdagend.

My persoonlike grootste uitdaaging was om ‘n gepaste naam vir my blog te kies, want as ‘n oumenskind, al waarin ek belangstel het om te doen was om te studeer en om soos ‘n gevangene daagliks in die huis my tyd deur te bring. Dit het my regtig beduiweld en in die hel gemaak want ek het letterlik velore gevoel en wel onnodige kosbare tyd gemors met die gesukkel vir ‘n naam vir my blog. Ek het toe nie gehuiwer nie en net daar besluit om my trots in my sak te steek, deur my vriendinne ‘n hulpende hand te vra, hulle het my toe tou wys gemaak.

Soms het dit my verskriklik baie geïrriteer en laat wonder hoekom ek nie al die skryfstukke op papier kon skryf nie, aangesien ons so ‘n maagdom werk gehard het om te doen. Plaas elke week is nogal harde werk. Dit was moeilik om tyd uit te kerf om elke week te skryf, en terwyl ek nie tekort aan idees was nie, het sommige van die poste-in-wag verg deeglike denke, wat ek nie die tyd en moeite gehad het om te doen nie. Ek het ook 'n knaende gevoel dat hierdie poste nie my beste skryfwerk was nie. Ek het nie tyd vir deeglike redigering, so ek vermoed die prosa verbeter kon word.

Ongelukkig was tyd 'n werklike probleem en ek het klaaglik misluk in my pogings om tyd te spandeer op soek na ander blogs. Ek het daarin geslaag almal wat links 'n kommentaar op 'n post te besoek, maar as dit nie, het ek waarskynlik net “geblog hop" op 'n twee of drie keer.

Ek het eerlikwaar dit geniet om te blog. Ek het baie nuwe Afrikaanse woorde geleer en ook hoe om ê; ë; ï, è te maak op die rekenaar. Al in al, was dit 'n wonderlike ervaring, omdat ek aan die blog wêreld bekendgestel was.

Vir nou my besluit is om te probeer om voort te gaan met 'n weeklikse plaas skedule, en ek sal begin deur te herskep 'n ander blog, (in ENGELS natuurlik).

Hierdie keer sal ek meer tyd het en sal meer ywerig in my pogings wees, want ek sal blog oor iets wat ek passievol oor is en sal nie bekommerd hoef te wees nie oor wat geëvalueer word op my skrif.  

Ek neem afskeid van Afrikaans inskrywings, maar bly ingeskakel.... Ek sal terug wees in Engels ;)
                                                                  

Wednesday, 25 September 2013

Skaam tiener het nie maats nie



Ek is ‘n teruggetrokke neentien jarige met ‘n reuse probleem. Ek word gou skaam en het nie selfvertroue nie. Ek is ook baie stil en weet nooit wat om vir mense te sê nie. Mense beskou my as ‘n ernstige persoon wat nooit lag nie. Ek het al baie boeke gelees oor selfvertroue en hoe om vriende te maak, maar dit help nie.

Behartige oumenskind gee raad


Deesdae is jongmense geneig om hulself te worstel met die vraag watter soort mens hulle eintlik is. Jy weet reeds jy is ernstig en teruggetrokke nets soos ek maar jy moet dit nie as ‘n probleem beskou nie. Dit is hoe jy is en jy moet jouself leer aanvaar. Daar is niks fout met iemand wat skaam is nie. As stil, ernstige mens is dit nie nodig om die middlepunt van elke geselsgroepie te wees nie. Jy moet leer om ‘n bietjie sosiaal te wees, en dit kom met oefening. Stel elke dag vir jou ‘n doelwit: vandag gaan ek uit my eie ‘n vraag in die klas beanwoord. Breek die ys en vra vir jou maats vrae. As jy in gesprekke met aandag luister wat ander mense sê en jy belangstellende vrae vra, sal jy vind ‘n gesprek ontwikkel maklik. Die meeste mense hou daarvan om oor hulself te praat en verwelkom ‘n simpatieke luisteraar. Werk daaraan en jy sal deur ander as ‘n goeie maat aanvaar word.

Wednesday, 18 September 2013

Die blootstelling van 'n oumenskind se reuse hart vol goud



Genoeg is genoeg. Ek is so doodmoeg van allerande reëlings en regstaan vir die ouertehuis se jaarlikse Madiba funksies.

Dit was my en my geliefkooste tante se reuse taak om die enorme saal mooi te maak en op te kikker. Die tema was “ ‘n Yskoue wintersprokie” en dit was ‘n tema so na aan my hart, want as ‘n oumenskind hou ek van winter en daagliks agter geslote deure wegkruip. Die wit sneeu-effek, silwer draperings, spierwit kaal takke en feetjieliggies het die perfekte agtergrond gevorm vir die soms uitspattige outydse uitrustings van die sjarmante oumense.

Wel, my oujongnooi tante, ‘n regte perfeksonis het my gehiet en gebied: “Skuif die tafel hiernatoe, nee, nie so ver nie”, “Oppas vir die lampe”, “Rol die mat hierlangs”. Ek hoor nou nog klokhelder haar hoë stemmetjie nou nog in my nagmerries. Ons moes tafeldoeke oopgooi, servette vou, messegoed presies reg plaas en glase blink vryf. Ek was so beduiweld van boonop het die een pilaar op my krom voet omgeval – ‘n hele 80 kg! Daarna moes ons fakkels aansteek en blitsvinnig in ons swart-en-wit kelnerdrag spring om die opgewonde oumense vars en vriendelik te bedien.

Ek moet erken dit was lekker om vir ‘n slag uit die huis te kom, die geleentheid was asemrowend en die glansaand iets om te onthou. Toegegee, eintlik was dit darem nie so erg nie, maar weer doen? O nee, alles was in rep-en-roer. Ek moet erken ek het effens verlore gevoel tussen die springlewendige oumense, maar ek het gou besef God het my ‘n kosbare talent gegee om vir my medemense te versorg.

Na hierdie geseënde aand sien verskeie jongmense baie fout met my omdat ek my ophou met oumense, hulle sien fout met alles wat ek doen en vanaf hierdie aand is hulle geneig om te sê ek is “oudoos”, maar ek voel net gemaklik met oumense.

 Ek voel dus ons as mense moet leer om nie ander te oordeel nie, omdat jy probleme en onsekerhede het ondersoek eers jou eie hart. Want wanneer jy van ander skinder kleur jy jouself met bitterheid. ‘n Mens kry nie lelike mense nie, jy kry net lelike harte.

Wednesday, 4 September 2013

Die lewe van 'n eensame hart.




Ek staan nou in die skaduwee, waar ek nou bewus word van iets uniek. Dit is iets wat al jare in my doodeenvoudige lewe groei, iets wat ek glad nie wil ontsnap nie.

Mense kry my daagliks jammer, want hulle beskou dit as iets vreeslik wat my dreig om my te verswelg, om van my van binneste op te vreet.

Vir my is dit net ‘n saad van eensaamheid wat binne in my geplant is. Al voel ek soms koud soos ys, is ek glad nie vreemd nie, ek voel soms alleen maar nooit letterlik eensaam nie.

Deur my piepklein kamervenstertjie kyk ek na sorgvrye paartjies ek skat hulle my ouderdom wat hand aan hand verby gestap kom, gelukkig en kommerloos. Sies! ek skaam my morsdood.

Die lewe is verskriklik vining, ek wil glad nie ‘n mislukking maak van my lewe nie, en my familie teleurstel nie. As ‘n oumenskind is ek geneig om te dink aan al die dinge wat ek mis, om ‘n kêrel te hê vir wie ek kan omgee, maar ek glo vas agter ons kom ook in die kraal.

In ‘n groep maak ek altyd saam grappe, maar ek weier om my te assosieer met ougatte tieners.

“Die Here is my herder, wanneer ek eensaam is.”