Ek is ‘n teruggetrokke neentien jarige met ‘n reuse probleem. Ek word
gou skaam en het nie selfvertroue nie. Ek is ook baie stil en weet nooit wat om
vir mense te sê nie. Mense beskou my as ‘n ernstige persoon wat nooit lag nie.
Ek het al baie boeke gelees oor selfvertroue en hoe om vriende te maak, maar
dit help nie.
Behartige oumenskind gee raad
Deesdae is jongmense geneig om hulself te worstel met die vraag watter
soort mens hulle eintlik is. Jy weet reeds jy is ernstig en teruggetrokke nets
soos ek maar jy moet dit nie as ‘n probleem beskou nie. Dit is hoe jy is en jy
moet jouself leer aanvaar. Daar is niks fout met iemand wat skaam is nie. As
stil, ernstige mens is dit nie nodig om die middlepunt van elke geselsgroepie
te wees nie. Jy moet leer om ‘n bietjie sosiaal te wees, en dit kom met
oefening. Stel elke dag vir jou ‘n doelwit: vandag gaan ek uit my eie ‘n vraag
in die klas beanwoord. Breek die ys en vra vir jou maats vrae. As jy in
gesprekke met aandag luister wat ander mense sê en jy belangstellende vrae vra,
sal jy vind ‘n gesprek ontwikkel maklik. Die meeste mense hou daarvan om oor
hulself te praat en verwelkom ‘n simpatieke luisteraar. Werk daaraan en jy sal
deur ander as ‘n goeie maat aanvaar word.